Wurm skei nare groen slym af as jy aan hom raak
27
Aug 2020

Lees meer in

Hierdie wurm is dalk grillerig, maar die rede vir sy slym is eintlik baie slim.

Louisa Taljaard van Vaalpark in die Vrystaat vra:

Watter tipe wurm is dit? Ongeveer so groot soos my vinger en het ‘n nare groen slym by sy mond afgeskei toe ek aan hom raak.

Dave antwoord:

Beste Louisa: Geluk by die ongeluk! Hoe gelukkig is jy, en hoe ongelukkig is jy nie.

Hierdie lieflike ruspe, met die mooi volksnaam “koebee-slang”, word later ‘n pylstertmot, heel moontlik die Kaapse Pylstert, Theretra capensis. Gulsige vreters, veral op varkblomme, wingerdstokke en impatience. Die groot oogmerke is daar om predatore af te skrik, en die groen vloeistof netso.

Die foto kom van Struik Nature se uitstekende toepassing, Field guide to the insects of South Africa, en die identifikasie is bevestig deur Dr. Johan Pretrius.

Struik Nature se Field guide to the insects of South Africa.

  • Lees meer oor die Field Guide to Insects of South Africa hier.

Taal

Afrikaans AF Dutch NL English EN French FR Italian IT Portuguese PT Russian RU Spanish ES Xhosa XH Zulu ZU

VRA VIR DAVE

Leser vra: Watter plant is dit?

Hierdie oulike plant is deur ‘n leser in Kaapstad afgeneem. Maar Dave twyfel of dit inheems is.

Leser vra: Kyk die vreemde kuttels!

Hierdie vreemde kuttels het Dave aan die raai. Maar daar is dalk ‘n moontlike verklaring. Lees hier.

Leser vra: Ken jy die blom?

Hierdie blomme is nie wat jy dink nie. Hulle word veral vir sierplante gekweek, maar is nogal raar in Suid-Afrika.

HERINNERINGE

Blommetjie gedenk aan my

Dave onthou Ouma Lily, die naeltjies van Robertson en die rite wat moet bly bestaan.

VERKENNINGS

The gaze of a gorilla

For Dave Pepler, an encounter with a mountain gorilla in Uganda reaches deep into the core of his being and even more so when a gorilla turns the tables and seeks out an encounter with him.

Die detail van die Overberg

Die detail van die dag in die Overberg.

Juweeltjies

Bergpad, Stellenbosch, piepklein juweeltjies.