Wildepruim, wurgbessie, basbessie en kuslooibas… maar wat is dit?
6
Sep 2020

Lees meer in

'n Leser vra wat hierdie bessie is. Nie net het hy vele gebruike nie, maar hy het ook vele volksname!

Pieter Oberholzer van Pretoria vra:

Dave, ‘n vriendin van my het dié foto in die Weskus Nasionale Park geneem. Met die eerste oogopslag dag ek dis ‘n Noemnoem – (aMatangulu). Maar nou twyfel ek want ek sien nie die blink blare en dorings nie. Kan jy dalk help?

Dave antwoord:

Beste Pieter,

Wildepruim, wurgbessie, basbessie en kuslooibas is die mooi Afrikaanse volksname vir hierdie interessante struik. Colpoon compressum (sommige plaas dit in die genus Osyris), is ‘n hemiparasiet, wat beteken dat die wortels by ander plante se wortelstelsels aansluit, en plantsappe steel. Die plant het veel gebruike, veral as ‘n bron van tannien om velle te looi, sowel as die vrugte wat tradisioneel deur die San geëet is.

Taal

Afrikaans AF Dutch NL English EN French FR Italian IT Portuguese PT Russian RU Spanish ES Xhosa XH Zulu ZU

VRA VIR DAVE

Leser vra: Watter plant is dit?

Hierdie oulike plant is deur ‘n leser in Kaapstad afgeneem. Maar Dave twyfel of dit inheems is.

Leser vra: Kyk die vreemde kuttels!

Hierdie vreemde kuttels het Dave aan die raai. Maar daar is dalk ‘n moontlike verklaring. Lees hier.

Leser vra: Ken jy die blom?

Hierdie blomme is nie wat jy dink nie. Hulle word veral vir sierplante gekweek, maar is nogal raar in Suid-Afrika.

HERINNERINGE

Blommetjie gedenk aan my

Dave onthou Ouma Lily, die naeltjies van Robertson en die rite wat moet bly bestaan.

VERKENNINGS

The gaze of a gorilla

For Dave Pepler, an encounter with a mountain gorilla in Uganda reaches deep into the core of his being and even more so when a gorilla turns the tables and seeks out an encounter with him.

Die detail van die Overberg

Die detail van die dag in die Overberg.

Juweeltjies

Bergpad, Stellenbosch, piepklein juweeltjies.