Van al ons wilde sampioene het die Wolhaarinkmus (Coprinus comatus), by verre die mees delikate smaak. Raadpleeg eers jou kardioloog voor jy my resep probeer; sewe-dae-krimpsiekte is jou voorland.
Resep:
1. Sny die sampioene los met ‘n skerp mes
2. Moenie was nie, maar gebruik eerder ‘n sagte borsel of kwas om los grondeeltjies af te stof.
3. In ‘n swaar pan, smelt gelyke hoeveelhede goeie olyfolie en botter.
4. Voeg een klein gekapte ui by.
5. Nou die sampioene, heel bygevoeg, plaas deksel op pan en prut tot sag.
6. En hier kom die gatslag! Roer swaar room en gerasperde parmesaan by, en bedien op geroosterde suurdeeg-brood (sourdough).