Soönose is die verskynsel waar siektes of infeksies oorgedra word van diere na mense.
Meeste diere (en mense) is draers van skadelike kieme soos bakterieë, swamme, parasiete en virusse.
Daar word bereken dat bykans 60% van alle siektes wat die mens tref, soönoties van aard is. Voor daar higiëniese toestande in dorpe en stede toegepas is, het hierdie siektes, soos tuberkulose, builepes en klierkoors die dood van miljoene mense veroorsaak. Kom ons kyk na sommige van die meer bekende soönotiese oordragte.
Hondsdolheid
Ons is almal bekend met hierdie aaklige virale siekte, wat deur die byt van ’n hondsdol-dier oorgedra word.
Lyme disease
Alombekend in Amerika, is hierdie vorm van bosluiskoors baie algemeen.
Dengue, malaria en Chikungunya
Bekend uit veral die trope, maar hierdie muskietplae word meer algemeen soos klimaatverandering die oorspronklike kerne uitbrei na meer gematigde gebiede.
Salmonella
Afkomstig van reptiele, amfibiërs en kuikens of eendjies.
E. coli
Alombekend as voedselvergiftiging, kom dit voor waar voedsel nie higiënies hanteer word nie.
Psittakose
Afkomstig van kouvoëls, leef hierdie bakterie in die vere, afskeidings en mis van selfs algemene van kouvoëls.
HIV
Afkomstig van die groot ape wat as voedsel gejag is.
Nog soönotiese siektes: antraks, voëlgriep, brusselose, Ebola, Wes-Nylkoors, histoplasmose en varkgriep.
Van die hoofdraers van hierdie siektes is muskiete, bosluise, vlooie en bedluise.
Dit is nou belangrik, vir almal, om die aard van hierdie siekte te verstaan, en die wetenskap te glo as dit duidelik bewys is dat Covid-19 ’n soönotiese siekte is, afkomstig van ’n sogenaamde “nat mark” in Wuhan, Sjina.
Mettertyd sal die wetenskap die presiese bron en eerste oordrag verklaar, maar alle getuienis dui daarop dat dit afkomstig is van vrugtevlermuise (presies soos met Ebola) wat as voedsel in hierdie mark aangebied is.
Deur hierdie virus af te maak as mensgemaak is roekeloos, en los die agterdeur oop vir die volgende pandemie, wat Covid-19 na kinderspeletjies sal laat lyk.