Uit die bloute, lensiewolke.
Binne een uur is daar ‘n groot aantal media-verslae oor vreemde wolke oor die Boland. Vanaf my stoep kon ek die volgende stapel oor die berge van Boschendal sien.

Lensiewolke vanuit Stellenbosch gesien.
Lensiewolke, afgelei van die Latyns Lenticularis is statiese wolke, in teeenstelling met gewone wolke wat deur die wind aangedryf word. Soos wind oor die aarde beweeg, bots dit met natuurlike strukture, in hierdie geval, berge.
Vanaand waai die wind wes/suidwes, en hierdie wolke form nou aan die windaf-kant van die berg.
Aan die rante van hierdie wolke is daar gewoonlik turbulensie, en vliegtuie vermy dit, behalwe as jy ’n sweeftuig het, kan mens die turbulensie gebruik om merkwaardige hoogtes te bereik.

Mens kan sien waarom dit moontlik is dat sommige mense, dalk met die nuttiging van ’n heel paar skemerkelkies, dit as ‘n vreemde vlieënde voorwerp beskou.
Dit is bekend dat sweeftuie tot 3 000 km kon vleg met hierdie hupstoot, en ’n verstommende hoogte van 22 000 meter kon bereik.

Die wolkformasie het dit tot in die Strand gemaak. Foto: Ann Jeftha