Trooskos van tamatie
11
Apr 2022

Lees meer in

Kook saam met my hierdie heerlike en eenvoudige tamatiegereg.

Toe ek ‘n kind was, het ons slegs één soort tamatie geken – vleistamaties uit ons eie tuin. Met byna geen rakleeftyd, is hierdie outydse tamatie soet, en oorvloedig aan geur. Tot vandag plant ek elke jaar tamaties tussen my struike, as skakel tot my jeug. As ons kinders siek was, het my ma ’n trooskossie gemaak van eiers, gestoom in ’n bedding van tamatiesmoor.

Tamatie-eiers

Braai ui in gelyke hoeveelhede botter en olyfolie, tot deursigtig. Sny nou volryp vleistamaties by, en smoor stadig tot gaar.

Maak dammetjies in die smoor met ’n houtlepel, en breek eiers daarin. Plaas nou ’n deksel op die pan, en stoom todat die eiers gaar is.

Bedien op die witste roosterbrood, en te hel met gesondheid.

Sondagtafel: Vroeë paasfees

Sondagtafel: Vroeë paasfees

Dave kook ter herinnering aan sy ma met eenvoud as sy riglyn. ‘n Vroeë paasfeestafel is gedek in die tuin.

Dave se Sondagtafel

Dave se Sondagtafel

Vandag kook ek met aspersies in pruscuitto, wortels en aartappels by persie-boud, en vir nagereg klassieke Engelse fool.

VRA VIR DAVE

Die dag as ‘n Springbok jou tuin invaar…

As jy nou wel Springbokke in jou agterplaas aanhou, dan is hier raad. Lees hier…

How to get rid of cockroaches in an ecologically friendly way

Follow this advice if you want to get rid of cockroaches without any unnatural poisons.

Reader asks: Can you identify this awfully ugly bug?

This little bugger is not what it seems to be.

HERINNERINGE

Vergete resepte – nes jou ouma dit sou maak!

Almal het ‘n ouma of ma wat ‘n dis kon gaarmaak en optower – en wat ons nooit meer vandag maak nie – maar wat ons vir altyd sal onthou.

Dave onthou kinderdae, die ritueel van blomme pluk en sy geliefde Ouma

Ou, bekende reuke neem Dave terug na sy kinderdae en sy geliefde Ouma Lily.

Hoe ons aardsheid ons wyse bepaal

Ek het in trane uitgebars, want in my geil verbeelding het daar ’n dooie hondjie gelê in elke bos riete, biesies en ruigte…

VERKENNINGS

Die disrespek en boewery van ons begraafplase

Die skending van ons begraafplase is iets wat aandag moet kry.

Beleef die natuur en die reukruim met Dave

Dave reël gereeld uitstappies met groepe wat belangstel om hul eie wilde sampioene te versamel asook praatjies oor parfuum.

All the photos from the coldest night of the year

Judging by these photos, it was indeed a cold night.