Cicilia Coetzer van Alberton vra:
Goeie dag Dave,
Ek geniet jou geselsies op TV en radio en jou fyn humor so tussendeur.
Na aanleding van RSG luisteraar se vraag oor voëls wat vetplante eet. Ek het die skuldiges hier by my op heterdaad betrap en dit was die Tiptolle.
Dankie vir jou kennis wat jy met ander deel. Wonderlike dag vir jou.
Dave antwoord:
Beste Cicilia,
Baie dankie vir jou waarneming, dit voeg nou tiptolle by my kriminele duiwe, wat onder my vygieblare baljaar.
Ek sal verdere waarnemings waardeer, so laat weet as enigiemand nog sulke stropers waarneem.
Die beelde kom van Sasol se eBirds (Struik Nature) en toon die Kaapse en Rooioogtiptol.
- Lees ook: Waar is Jan Frederik se maatjie – ‘n vraag oor of die voëls maatjies kry nadat hulle afgesterf het.