Storm in ’n Covid-koppie
3
Jul 2021

Lees meer in

Hoe gemaak met al die rasende kommentaar wat jou waarsku teen die entstof? Hier is wat hulle behoort te weet.

Die wetenskap is eenvoudig – dit is bloot gesistematiseerde kennis, wat selfregulerend is. Wat beteken hierdie stelling? Dit beteken dat opgeleide wetenskaplikes – kenners op hul vakgebied – die meetbare universum ondersoek, hipoteses oor verskynsels saamstel, en dit dan empiries toets volgens rigiede wiskundige benaderings. Indien die resultate beduidend is, word dit opgeteken volgens die streng voorskrifte en konvensies van die gekose joernaal. Voor dit gepubliseer word, word hierdie publikasie aan onafhanklike eweknie-evaluering blootgestel, en slegs dan verskyn dit finaal in druk.

Sou enigiemand hierdie resultate bevraagteken deur soortgelyke navorsing, sal die foutiewe wetenskap vervang word deur die korrekte weergawe, maw, by middele van selfregulering. Dít is die wonder van die wetenskap, dat dit ons in staat stel om historiese denkfoute reg te stel. Altyd verwys ek na Jacob Bronowski se elegante stelling oor die wetenskap: “Science is a tribute to what we can know, although we are fallible”.

Die Covid-pandemie het die aarde getref soos ’n kartets. Miljoene mense het reeds gesterf, en miljoene sal nog. In een van die mees merkwaardige spanpogings het wetenskaplikes entstowwe in rekord-tyd ontwikkel, en sodoende miljoene mense se lewens gespaar. Sekere lande was proaktief en paraat, soos byvoorbeeld Israel en Suid-Korea, en hulle lande gebuffer teen die uitval, terwyl ander eers laat wakkergeskrik het, en nou die skrikwekkende prys betaal. Daar is egter een probleem met die wetenskap en die oordrag van hul bevindings, en dit is dat die breë publiek nie altyd die kompleksiteit van die bevindings kan verstaan nie. Hier moet ons dan staat maak op betroubare bronne of persone, met ’n bewese rekord van eerlikheid en getrouheid aan die feite.

Maar nou kruip die beterweters uit die houtwerk. Ek kyk na ’n Facebook-pos, waar ‘n histeriese man te velde gaan oor die “jab”. Ek moes weer kyk om agter die verloop van sy argument te kom, maar ek kon nie. Daarby moes ek op my tong byt om nie kommentaar op sy blad te lewer nie, want ek sou aanhaal uit my geliefde The Encyclopedia of Insulting Behaviour: “Does your train of thought have a caboose?” Ondervinding het my geleer dat dit nutteloos is om met sulke mense te redeneer, want hul beroep is dogma. Daar is egter een punt waar ek met hom saamstem, en dit is sy konstitusionele reg (Suid-Afrika is ’n sekulêre land) om te weier om die entstof te aanvaar. Maar dan moet hy die konsekwensies van sy besluit ook aanvaar.

Lees ook: How virus detectives trace the origins of an outbreak – and why it’s so tricky

Indien mens ’n sterk mening oor enige kwessie het, volg dit logies dat die mening op feite gebaseer moet wees. Na die soveelste herbesoek aan hierdie tirade, kan ek nog nie die feitelike basis van sy betoog vasstel nie.

Hier is my raad: om jou eie ontwil, en die van jou geliefdes en vriende, aanvaar die entstof so vinnig as dit beskikbaar word. Die bewyse van die effektiwiteit is rotsvas.

Ons moet uiters versigtig omgaan met ongeverifieerde stellings op sosiale media. In ’n tyd waar ons moet saamstaan teen oorlewing, nie net ten opsigte van die pandemie nie, maar ook op die katastrofiese ineenstorting van ons lewende aarde. Ons het eenvoudig nie die tyd om deur histerie en onkunde ontspoor te word nie.

 

 

Sondagtafel: Vroeë paasfees

Sondagtafel: Vroeë paasfees

Dave kook ter herinnering aan sy ma met eenvoud as sy riglyn. ‘n Vroeë paasfeestafel is gedek in die tuin.

Dave se Sondagtafel

Dave se Sondagtafel

Vandag kook ek met aspersies in pruscuitto, wortels en aartappels by persie-boud, en vir nagereg klassieke Engelse fool.

VRA VIR DAVE

Die dag as ‘n Springbok jou tuin invaar…

As jy nou wel Springbokke in jou agterplaas aanhou, dan is hier raad. Lees hier…

How to get rid of cockroaches in an ecologically friendly way

Follow this advice if you want to get rid of cockroaches without any unnatural poisons.

Reader asks: Can you identify this awfully ugly bug?

This little bugger is not what it seems to be.

HERINNERINGE

Vergete resepte – nes jou ouma dit sou maak!

Almal het ‘n ouma of ma wat ‘n dis kon gaarmaak en optower – en wat ons nooit meer vandag maak nie – maar wat ons vir altyd sal onthou.

Dave onthou kinderdae, die ritueel van blomme pluk en sy geliefde Ouma

Ou, bekende reuke neem Dave terug na sy kinderdae en sy geliefde Ouma Lily.

Hoe ons aardsheid ons wyse bepaal

Ek het in trane uitgebars, want in my geil verbeelding het daar ’n dooie hondjie gelê in elke bos riete, biesies en ruigte…

VERKENNINGS

Die disrespek en boewery van ons begraafplase

Die skending van ons begraafplase is iets wat aandag moet kry.

Beleef die natuur en die reukruim met Dave

Dave reël gereeld uitstappies met groepe wat belangstel om hul eie wilde sampioene te versamel asook praatjies oor parfuum.

All the photos from the coldest night of the year

Judging by these photos, it was indeed a cold night.