
Spinasie
Paneer is geneig om effe smaakloos te wees, maar ek het die veelsydigheid van hierdie oosterse buffelmelk-kaas in Indië beleef. Dit kombineer veral goed met kerries, en die Paneer Tikka Masala wat in Jaipur voorgesit is bly een van my kosbaarste (sic) smaakbelewenisse. Met die Cop26-beraad in gedagte, hier is my voorstel vir ‘n voorgereg, hopelik aards.

Paneer opgesny in lang repe
Bestanddele:
- Spinasie
- Paneer
- Knoffel
- Goeie kaas
- Crème fraîche
- Knypie neutmuskaat

Paneer wat gebraai word tot ligbruin in 50/50 botter en olyfolie
Metode:
- Sny paneer in lang repe en braai tot ligbruin in 50/50 botter en olyfolie.
- Stoom gekapte spinasie vir 3 minute, dreineer en plaas terug in pot.
- Voeg crème fraiche by na smaak, ‘n knypie gerasperde kaas, en een huisie fyngemaakte knoffel en prut vir 3 minute.
- Lepel die spinasie oor die paneer, bestrooi met gerasperde kaas, en rooster in oond tot ligbruin.
- Bedien warm.

Spinasie op paneer