Sondagtafel
28
Nov 2021

Lees meer in

Moenie ons stokvis onderskat nie. Met hierdie resep kan jy ‘n geurige dis skep.

Bestanddele : Volryp tamaties met basilikruid

 

Gister, met gewaardeerde vriende, het ek kabeljou geëet by ’n swierige restaurant in Stellenbosch. Die vis was verruklik, eenvoudig pangebraai, met saute-aartappels en uie. Maar Sondae is mos my onthaaldag, en ek het besluit om wéér vis voor te sit, hierdie keer ons gruwelik onderskatte stokvis. Ons is so gewoond aan winkelvis, gebak in beslag, met oorvloedige sout en asyn op die koop toe, die delikate geur van die vis oorweldig. Jare gelede, toe ek in die suide van Chile gewerk het, is ek bekendgestel aan húl stokvis, die beroemde Merluccius australis, oftewel die Suidelike stokvis. Merluca austral word op die eenvoudigste manier gaargemaak, gewoonlik gestoom, en ek hou vol dat dit die lekkerste visgereg van my lewe is. Vandag gaan ek dit probeer naboots.

Spyskaart:

 

Voorgereg:

Volryp tamaties met Mozzarella, basilikruid en soyasous. Wyn – Boland Kelder se Brut MCC – ’n boeiende vonkelwyn, met, na my neus, sitrus (lemmetjie), en, iets wat my herinner aan daardie vreemde kultivar, Ferdinand de Lesseps, met die kenmerkende ester wat na pynappel ruik.

 

Volryp tamaties met Mozzarella, basilikruid en soyasous.

 

Metode vir voorgereg:

  • Gebruik jou verbeelding en rangskik ryp tamatieskywe op mozzarella, en bedien met basilikruid-blare, seesout en ’n paar druppels van die allerbeste soyasous.

 

Boland Kelder se Brut MCC.

 

Hoofgereg:

Stokvis, pangebak in botter en olyfolie, met sampioene. Wyn – Boland Kelder se One Formation Chenin Blanc. Ek is oortuig dat Sauvignon blanc die nuwe sushi van die wynbedryf is, en dat die gewildheid hiervan, Chenin Blanc in die skadu’s gedruk het. Hier is ’n skitterende voorbeeld van ’n Chenin op sy beste. Na die wyn effe verwarm kom die wonderlike kompleksiteit na vore. Proe dit versigtig, versteek in die kristalhelder wyn, onder die bekende sitrus, skuil daar gekarameliseerde perske. My gaste was gaande hieroor.

 

Stokvis, pangebak in botter en olyfolie, met sampioene

 

Metode vir stokvis:

  • Porsies vars stokvis, met vel. In ’n diep pan, braai op die velkant vir 4 minute, en draai om en braai vir nog 3 minute, met deksel op die pan. Bedien met sampioene, in botter gaargemaak.

 

Boland Kelder se One Formation Chenin Blanc.

 

 

Nagereg:

Suurlemoen-posset

 

Suurlemoen-posset

 

Metode vir Suurlemoen-posset:

  • In ’n swaarboompot, giet 250ml room oor suurlemoenskil, gerasper of ‘julienne”-stroke, met 70gram strooisuiker, verhit tot prut, vir 3 minute. Laat effe afkoel, en klits dan die sap van twee klein suurlemoene in. Giet in klein bakkies of koppies, en verkoel vir vier uur. Versier na wense.

Oor Boland Kelder

Ek onthou alte goed, toe ek in Stellenbosch aangeland het in die vroeë 70’s, dat Boland kelder reeds bestaan het. Op pad na veldwerk het ek, op die ingewing, ingedraai en gestop vir ’n wynproe. My enigste wyn-verwysing in daardie dae, was Alto Rouge in rooiwyn, en die wonderbaarlike rieslings en gewürztraminers van Tulbagh – beide het my herinnier aan die veldblomme van my jeug, riggels van die loom bonote van naeltjies en soekende basies.

Toentertyd het meeste ernstige wynkopers nie veek van kelder-wyn gedink nie, en eerder toegespits op kleiner landgoedere, Wie sal ooit die pionierswyne van Billy Hofmeyer vergeet? Sommert met die intrap het ek besef dat Boland toéreeds buitengewone wyne gemaak het.

Met die jare het hulle hierdie trajek van uitnemendheid opwaarts gedruk, en vandag troon hul in die Paarl-vallei, met waarlik besondere wyne. Boland Kelder bevorder verder die biodiversiteit en volhoubaarheid van hul lede se boerdery.

 

 

GREEN FROM ROOT TO TIP

 

“As a winery we take our custodianship of nature very seriously, and that is why all our farming practices are adopted and executed with one goal in mind – environmentally sustainable wine grape production.
A focus on optimal soil preparation and matching the correct cultivar with the correct soil, allows us to obtain higher quality grapes while farming with less mechanical and chemical intervention. Increasingly we are planting more drought-resistant rootstocks in order to conserve water – a most precious resource in water-scarce South Africa. We also use moisture probes to ensure that we apply precision irrigation. Planting cover crops in the vineyards further helps to maintain soil moisture levels, enhance microbe activity which increases nutrient and carbon levels in the soil, and act as natural weed control.”

 

 

 

Nie net hul lede word betrek nie, maar ook die breë gemeenskap, met ’n unieke en trotse boomplant- en byebehoud-inisiatief. As almal in die wynbedryf hierdie ingesteldheid sou volg, sal die steriele landskap van die Kaapse wynlande mateloos ekologies verryk word. Van harte geluk Boland Kelder.

As jy weer deur Paarl ry, hou deur, en ry aan by hierdie besondere wynkelder. Hulle is wêreldklas.

Sondagtafel: Vroeë paasfees

Sondagtafel: Vroeë paasfees

Dave kook ter herinnering aan sy ma met eenvoud as sy riglyn. ‘n Vroeë paasfeestafel is gedek in die tuin.

Dave se Sondagtafel

Dave se Sondagtafel

Vandag kook ek met aspersies in pruscuitto, wortels en aartappels by persie-boud, en vir nagereg klassieke Engelse fool.

VRA VIR DAVE

Die dag as ‘n Springbok jou tuin invaar…

As jy nou wel Springbokke in jou agterplaas aanhou, dan is hier raad. Lees hier…

How to get rid of cockroaches in an ecologically friendly way

Follow this advice if you want to get rid of cockroaches without any unnatural poisons.

Reader asks: Can you identify this awfully ugly bug?

This little bugger is not what it seems to be.

HERINNERINGE

Vergete resepte – nes jou ouma dit sou maak!

Almal het ‘n ouma of ma wat ‘n dis kon gaarmaak en optower – en wat ons nooit meer vandag maak nie – maar wat ons vir altyd sal onthou.

Dave onthou kinderdae, die ritueel van blomme pluk en sy geliefde Ouma

Ou, bekende reuke neem Dave terug na sy kinderdae en sy geliefde Ouma Lily.

Hoe ons aardsheid ons wyse bepaal

Ek het in trane uitgebars, want in my geil verbeelding het daar ’n dooie hondjie gelê in elke bos riete, biesies en ruigte…

VERKENNINGS

Die disrespek en boewery van ons begraafplase

Die skending van ons begraafplase is iets wat aandag moet kry.

Beleef die natuur en die reukruim met Dave

Dave reël gereeld uitstappies met groepe wat belangstel om hul eie wilde sampioene te versamel asook praatjies oor parfuum.

All the photos from the coldest night of the year

Judging by these photos, it was indeed a cold night.