Sondagtafel met Koelenhof
5
Des 2022

Lees meer in

‘n Paar wyne van Koelenhof het hierdie ete ingelei.

In die vroeë 80’s het ek en ’n vriend besluit om te gaan bergklim in die Alpe, van Bellinzona, suidwaarts, tot in Italië. Vroegdag, met padkos, het ons begin klim, en soos mens kan voorspel, alles opgeëet voor ons halfpad berguit was. Net soos Heide en Peter, trek die Italiaanse melkboere bergop in die lente, en bly daar tot herfs, wanneer hulle weer laaglande toe, belaai met hemelse kaas.

Teen die middaguur was ons rasend honger, en merk ’n herdershut, tweekamer, prieel oor die stoep wat uitkyk oor Maggiore in die vêrte. My vriend was Italiaans magtig, en gevra of ons kan deel in hul middagete. Op die stoep, oor ’n besemstok deur twee stoele gestut, het vars uitgerolde pasta in die bergwind gehang. Op die stoof, ’n hutspot met diep en donker sous; hierdie pot word aangevul regdeur die somer, die tydlyn van ’n somer se umami hierin opgesluit. Dit was een van die mees volkome etes van my lewe. Nét daar het ek besef dat pasta, met gelouterde tamatie, die perfekte genoot van rooiwyn is.

Koelenhof was nog altyd ’n kelder langs die pad. Tot onlangs… Skielik verskyn verruklike en komplekse wyne op hul rak, en ek het besluit om ‘n ete om hierdie wyne te bou.

Die tafel met ligkolle wat deur die blaardak van my agtertuin skyn.

Voorgereg: geelstert-smeer

Ten beste is geelstert ’n droeë vis, en ek het dit probeer versag met roomkaas en kruie. Braai filette van geelstert, eers op ’n riffelpan, dan in ’n swaar pan, in genoegsaam botter en olyfolie. Breek in klein stukkies, meng met roomkaas, vars gerasperde ui, sout en peper, en laastens, ’n skeut balsamiese asyn.

Geelstertsmeer

Die wyn

Koelenhof se Stellenbosch 1679 Bush Vine Chenin Blanc (https://dailywine.co.za/products/stellenbosch-1679-bushvine-chenin-blanc-6-bottles). Die eerste indruk is diè van kleur – die kleur van lemoenheuning. Die neus is oorweldigend vol, vet vet vét.
Dan kom heuning, hout, amandel, esdoring, toffie/karamel, vanile sponskoek, gestoofde appels– by verre die mees komplekse chenin van my lewe. Hierdie wyn staan trots, op haar eie…

Hoofgereg: Makkie se pasta

Met ’n uitsig oor die Sabierivier het Makkie hierdie veruklike gereg voorgesit – met ’n vroeë waarskuwing dat dit ryk is!

Maak, of koop ’n properse pesto, met oorvloedige knoffel, basilikum en dennesaad (danepitjies, soos ons in Idas Valley sê). Braai hoenderborsies, in blokkies gesny, in BOTTER, tot ligbruin. Skep af, braai nou gekapte, goeie sampioene soos portebellini, met behoud van die hoender se kooksappe. Nou 250ml witwyn, fyngekapte sondroog-tamaties, en 500ml room, en prut stadig, stadig. Bedien op fettucine, met vars gekapte basilikum en net die beste Italiaanse hardekaas.

Die wyn

Stellenbosch 1679 The Legacy 2018, Bordeaux Blend (sien https://dailywine.co.za/products/stellenbosch-1679-the-legacy-6-bottles)

Hierdie is ’n verbluffende wyn, in alle opsigte, en geen wonder dat Decanter ’n toekenning van 97/100 daaraan gegee het nie. My héél eerste indruk was dié van merken, daardie hemelse gerookte paprika uit Chile. Vars sampioen (petrichor – as daar ooit ‘n skakel na terrior was), peper, granaat, muskus en donker vrugte. Manjefiek!

Hierdie wyn vra om diep disse, lang disse, reduksie, umami.

Nagereg: Sago met rababer

Maak ’n gereduseerde suikerstroop, met muscovado indien moontlik, en laat ’n sakkie of twee jasmyntee daarin trek.
Kook rababer, met suiker na smaak, tot sag, ongeveer 10 minute, en laat afkoel. Kombineer, 50/50, room en kokosroom, geur na smaak met ’n titsel strooisuiker en paar druppels goeie vanilje. Dan die sago, ongeveer 50gm, tot sag en deursigtig, en spoel onder lopende water, tot dit nie meer kleef nie.

Sago met rabarber

Begin met ’n laag sago, volg met ’n eetlepel tee-suiker, dan rababer, en eindig met ’n ruim skep van die rommmengsel. Versier met komkommerkruid-blommetjies.

Die wyn: Chardonnay Methode Cap Classique 2019

Hierdie wyn is reeds uitverkoop. Groen appel, soet druiwe, stervrug, kiwi en gestoofde perske. Nie naastenby in die stal van die bogenoemde, maar teen hierdie prys, ’n trotse voorbeeld van ons Kaapse vonkelwyne.

Koelenhof in samewerking met The Daily Wine bied ‘n 15% korting, tot 31 Desember op alle wyne nie reeds op promosie is nie. Gebruik die kode DAVE15 op dailywine.co.za — dis immers byna krismis!

Sondagtafel: Vroeë paasfees

Sondagtafel: Vroeë paasfees

Dave kook ter herinnering aan sy ma met eenvoud as sy riglyn. ‘n Vroeë paasfeestafel is gedek in die tuin.

Dave se Sondagtafel

Dave se Sondagtafel

Vandag kook ek met aspersies in pruscuitto, wortels en aartappels by persie-boud, en vir nagereg klassieke Engelse fool.

VRA VIR DAVE

Die dag as ‘n Springbok jou tuin invaar…

As jy nou wel Springbokke in jou agterplaas aanhou, dan is hier raad. Lees hier…

How to get rid of cockroaches in an ecologically friendly way

Follow this advice if you want to get rid of cockroaches without any unnatural poisons.

Reader asks: Can you identify this awfully ugly bug?

This little bugger is not what it seems to be.

HERINNERINGE

Vergete resepte – nes jou ouma dit sou maak!

Almal het ‘n ouma of ma wat ‘n dis kon gaarmaak en optower – en wat ons nooit meer vandag maak nie – maar wat ons vir altyd sal onthou.

Dave onthou kinderdae, die ritueel van blomme pluk en sy geliefde Ouma

Ou, bekende reuke neem Dave terug na sy kinderdae en sy geliefde Ouma Lily.

Hoe ons aardsheid ons wyse bepaal

Ek het in trane uitgebars, want in my geil verbeelding het daar ’n dooie hondjie gelê in elke bos riete, biesies en ruigte…

VERKENNINGS

Die disrespek en boewery van ons begraafplase

Die skending van ons begraafplase is iets wat aandag moet kry.

Beleef die natuur en die reukruim met Dave

Dave reël gereeld uitstappies met groepe wat belangstel om hul eie wilde sampioene te versamel asook praatjies oor parfuum.

All the photos from the coldest night of the year

Judging by these photos, it was indeed a cold night.