My vriend Lucius Moolman met vrou Annake en kleinkinders besoek die Karoo Nasionale Park in Beaufort Wes.
’n Koraalkapel sorg toe vir ’n unieke en bitter interessante skouspel, op hul stoep, toe hy ’n akkedis nét daar beetkry en insluk.
Hierdie kobra, soos al die ander spesies wat in Suid-Afrika voorkom, is bitter gevaarlik, en moet nie gesteur word nie.
Die gif is virulent neurotoksies, en kan groot skade veroorsaak. Ook die dood.
Hulle hou van klipperige gebiede en sandgrond, jag gewoonlik na donker, maar word aktief as dit reën.