Salome Herbst van Salt Rock vra:
Het die wolk afgeneem by Salt Rock karavaanpark. Wat veroorsaak dit? Soos wat die wolk aangerol gekom het het die wind al hoe erger gewaai.

Nog ‘n foto van die wolk
Dave antwoord:
Beste Salome,
Die wolke in jou pragtige foto’s staan bekend as ‘n “Morning Glory Cloud” , ook bekend as ‘n arcus-wolk.
Hierdie wolke kan tot 1 000 km lank en tot ‘n kilometer hoog wees. Soos jy tereg sê, gaan dit gepaard met sterk winde, van 10-20 meter per sekonde! Die aard en oorsprong van die wolke is nog onseker, maar dit wil voorkom of hoë humiditeit en frontale stelsels dit veroorsaak.