Lenbè Smit vra:
Kan jy dalk enige lig werp op hierdie verskynsel wat ek die afgelope naweek op ’n staptog by Kingdom Trails naby Middelburg Mpumalanga teëgekom het?
Die bome se bas word in sulke repe afgeskeur met die krap- of tandmerke wat duidelik op die stam en takke sigbaar is.
Daar is verskeie wilde diere op die plaas, maar dit bly ’n onopgeloste raaisel vir ons omdat dit tot hoog bo met die dunste takkie gebeur. Dit kom voor asof dit met dieselfde boomspesie gebeur wat ek in my onkunde nie kon identifiseer nie.

Hier kan gesien word dat nuwe blaartjies vorm op die dele wat vroeër afgeskuur is.

Die krapmerke.
Dave antwoord:
Beste Lenbè,
Ek het hierdie verskynsel nog nooit vantevore gesien nie, en het eerste aan ystervarke gedink, maar die skade is veels te hoog aan die boom.
Ek wonder of ons Facebook-vriende kan help met ‘n verduideliking.
- Hou hierdie inskrywing dop vir verdere verwikkelinge.