Gys Botha van Eversdal, Durbanville, skryf:
Baie geluk Dave. Die voorblad is verruklik mooi… die een waar jy wegstap. Is dit in die Drakensberge of iewers anders in KZN?
Dave antwoord:
Beste Gys,
Hartlike dank vir die kompliment oor my nuwe webwerf. Ek is self aangenaam verras oor die gunstige ontvangs. Sonder die hulp van ‘n gewaardeerde vriend en my dogter sou ek nooit dit kon bou nie. Die foto kom uit Giant’s Castle, en die hoogty van die natuurprogram Groen.
- Interessante feit: Lesers wat op hul rekenaars na die voorblad, davepepler.com, gaan kyk, sal hierdie foto reg bo-aan sien. Lesers wat egter op ‘n selfoon by die webblad inkom, sal ‘n ander foto sien. Dit is vanweë die verskil in toestelle om die webblad optimaal te laat benut.