In 2021 reis ek met Live the Journey na Borneo. Met reënwoude ouer as die Amasone, en die tuiste van neusape en orangoetangs, is dit een van die mees biodiverse gebiede op aarde.
Dis benoud, warm en nat – sopnat – want die eiland ontvang meer as 2 000 mm reën per jaar.
Elke oggend – elke dag – word mens oorweldig deur die vreemdheid van alles om jou.
Skoenlappers so groot soos voëls, meer as 2 000 spesies orgidië en super-skaars voëls soos die “Frogmouth”.
-
Orangoetang, vinnig besig om een van die aarde se mees bedreigde primate te word.
-
'n Neusaap, een van Borneo se mees ikoniese ape.
-
By 'n mark in Sandakan, bekyk ek 'n Perdeyster-krap.
-
Ons landingsplek op die Kinabatagan-rivier, in die hart van die reënwoud.
-
'n Baardvark, met 'n snoet aangepas om tussen manglietwortels te snuffel.
-
Ons boot op die Kinabatagan-rivier.
-
Elke aand lyk die tropiese sonsondergang so dramaties. Kota Kinabalu.
Op die Kinabatagan-rivier vaar ons stroomop, tussen oorhangende plantegroei met slange, neusape, vuurvliegies en baardvarke.
Borneo is ’n moet op die lewensdroomlys van alle reisigers, want die reënwoude word snel vervang met palmolie-plantasies.
Kom saam en beleef een van die natuurwonders van ons planet.
Vit inligting en reisplanne, skakel Elasbeth deur die webblad.
- Toerdatums sal aangepas word ingevolge Covid-19-verwikkelinge.