Nuwe coronavirus-mutasie: Moet ons bang wees?
11
Nov 2020

Lees meer in

Nadat die coronavirus vandeesweek muteer het en opnuut van nertse na mense teruggespring het, is daar paniek oor of ons met 'n ander gevaar te doene het. Maar moet ons bekommerd wees? En wat kan ons doen om sulke situasie te vermy?

Toe ons nog in grotte geleef het, het ons pelse gedra teen die koue – ysbeer, bewer wolf, nerts, katvelle, molvelle (my pa het nog molvel-handskoene besit). En toe kom hoogmode, en vervang noodsaak. Wie anders as Karl Lagerveld sou gesê het:

In a meat-eating world, wearing leather for shoes and even clothes, the discussion of fur is childish.

Maar hier moet ek nou versigtig trap, want ek jag (altans tot 20 jaar gelede), vang vis, eet vleis, dra leerskoene en het ’n leerbaadjie. Sou ek dan, volgens Lagerveld, kinderagtig wees om my uit te laat oor stomme nertse in Denemarke?

Ek wil glo dat ek oor ’n morele kompas beskik, en, daarby, ’n etiese raamwerk toepas in my akademiese en persoonlike lewe, en juis daarom voel ek genoodsaak om kommentaar te lewer.

Waaroor gaan die nerts-bohaai nou eintlik?

Ek moet erken dat ek salig onbewus was van die skaal van boerdery met nertse, en was verbaas om te verneem dat daar meer as 17 miljoen nertse, in Denemarke alleen, aangehou word.

Nie 17 miljoen geliefde troeteldiere nie, maar 17 miljoen in teel- en groeihokke, ingeprop soos hoenders.

Hierdie toestande is natuurlik hemel vir enige aggressiewe virus, en ons sien nou dat Covid-19 gespring het na nertse, en weer terug na die mens.

Elke sprong het gepaard gegaan met ’n subtiele mutasie en juis daarom die paniek.

In ’n boeiende BBC-artikel, What’s the science behind mink and coronavirus? haal die skrywer, Helen Briggs, hierdie epidemioloog aan:

Every time the virus spreads between animals it changes, and if it changes too much from the one that is circulating within humans at the moment, that might mean that any vaccine or treatment that will be produced soon might not work as well as it should do. Its worrying, but we don’t yet know the full picture. – Dr. Marisa Peyre, epidemioloog van die Franse navorsingsinstituut Cirad

Beter kon ek dit nie stel nie.

Slegs drie dae gelede het ek op Facebook gewaarsku, na aanleiding van ’n artikel oor hoenderboerdery, dat ’n volgende pandemie op pad is.

‘n Nerts in sy piepklein hokkie.

Ons moet egter verder dink, en vra of soortgelyke soönoses kan ontstaan by intensiewe varkboerdery, by hoenders, by beeste in voerkrale? Die antwoord is eenvoudig: hoe meer ons intensief omgaan met diere, hoe hoër word die kanse op katastrofiese pandemies.

Wat staan ons te doen?

Ek vind dit moeilik om van vleis af te sien, maar deesdae probeer ek produkte doelgerig aankoop wat voldoen aan ’n minimum omgewingskode.

Onlangs het ek ’n hoofstuk “Ecology and morality: transforming the non-human into connectedness with nature” in ’n akademiese boek Moral issues in the natural sciences and technology geskryf.

Hierin pleit ek dat die natuur dieselfde regte toegeëien word as mense. Ek is van mening dat ons min tyd het om die skade aan die aarde te herstel, en daarom moet ons met groot omsigtigheid leef, koop en handel dryf.

Het die nertse in Denemarke dan regte?

Ja, hulle het beslis, maar duidelik nie as Covid-vektore nie, en nog meer duidelik, nie as luukse jasse vir die uitgesoekte glitterati nie.

Taal

Afrikaans AF Dutch NL English EN French FR Italian IT Portuguese PT Russian RU Spanish ES Xhosa XH Zulu ZU

VRA VIR DAVE

Video: waaroor baklei dié bye?

Twee mannetjie-skrynwerkerbye stamp kop oor territorium

Vreemde kersie by Pearly Beach

‘n Leser vra na ‘n interessante rooi kersievrug, en vra of dit eetbaar is.

Leser vra: Siekte by spinasie?

Overwagte siektes kan by spinasie opduik. Hier is ‘n kortpad na behandeling.

HERINNERINGE

Dave onthou die Tulbagh-aardbewing

Die nag van die aardbewing het ‘n ander verhaal hom doodluiters op Robertson afgespeel.

Blommetjie gedenk aan my

Dave onthou Ouma Lily, die naeltjies van Robertson en die rite wat moet bly bestaan.

VERKENNINGS

Video: Die hemel is op Spookfontein

’n Naweek op die wynplaas Spookfontein wys mens weer waar die hemel kan wees.

Avokado’s in ’n neutedop: Wat jy in gedagte moet hou

Dis verstommend hoeveel navrae ek ontvang oor probleme met avokado-bome. Hier is ‘n paar riglyne om suksesvol met hierdie boom om te gaan.

Vreemde vlieënde voorwerp? Nee, dis lensiewolke!

Nee, dit is nie ‘n vreemde vlieënde voorwerp nie. Dit is eintlik ‘n baie natuurlike verskynsel, hoewel dit raar is.