My geliefde vriendin Lulu F van Upington het hierdie hemelse, en doodmaklike, resep deurgegee.
Bestanddele:

So bietjie suurlemoen uitgedruk, vars uit die tuin, met die lemoenskil.
- 1 Liter volroom jogurt (ek hou van dubbelroom-jogurt met vanilje-saadjies)
- suurlemoensap na smaak
- suurlemoenskil-repies
- ‘n paar druppels goeie vanilje
- Blikkie kondensmelk
- platkoekies vir kors
Metode:
Meng alle bestandele, giet in bak met platkoekies.
Mikrogolf vir 4-5 minute.

Mens pak die koekies mooi uit voor jy die mengsel daarop giet.
Koel af in yskas tot ferm.
En voilà!