Twee naskokke is Sondagoggend in die Kaap gevoel.
Wanneer die aarde begin ontspan na ‘n aardbewing is daar bykans altyd naskokke.
Dit is dood normaal en die naskokke is gewoonlik in ordes laer as wat die oorspronklike skudding was.
As mens kyk na die tektoniese plate van die aarde waar die plate aan mekaar raak en teen mekaar skuif, dan is dit glad nie verbasend dat daar nou in dan, selfs in stabiele gebiede soos die Kaap, aarbewings voorkom nie.
Mens dink net eenvoudig terug aan Tulbagh.

Die aarde se tektoniese plate.
Die oorspronklike aarbewing was ver die see in en ons moet ook onthou – en dit is baie belangrik – dat die Richterskaal is ‘n logaritmiese skaal. Hoe verder die skaal klim na sterkte 6,0, raak hierdie aarbewings hewig.

Hierdie skets wys die Kaap se geologiese foutlyne.
Tot dusver is hierdie naskokke gevoel:
- Saterdagaand is ‘n naskok gevoel om 20:41. Die sterkte was 2,5.
- Sondagoggend is nog ‘n naskok gevoel om 09:12. Die sterkte was 2,3. Daar was kort daarna weer ‘n skudding, maar dis nog nie opgeteken nie.
Hou my blad dop vir verdere verwikkelinge.