Wilna van der Westhuizen van Franschhoek vra:
Het gaan blomme kyk by Nieuwoudtville/ Calvinia. Hoekom koek hierdie wurms so saam om die droë takke?

Wilna se foto is die van die Bombycomorpha bifascata.
Dave antwoord:
Beste Wilna,
Die ruspes is die larwale stadium van ’n mot uit die familie Lasiocampidae, en ek is byna seker dis Bombycomorpha bifasciata, met die Engelse name “Barred Eggarlet, of Pepper Tree Caterpillar.
Hulle is vêrlangs verwant aan die pouoog-motte en sywurms.
Die volwassenes het nie ’n proboscus (lang tong) nie.
Hulle vreet die blare en nie die blomme nie en dien sodiende as die natuur se eie snoeiskêr om weer nuwe groei te stimuleer.
Die wetenskalike term is digtheid-afhanklikheid. Hoe meer kos, hoe meer vreters.
Die “hare” op hierdie ruspes is gewoonlik giftig, en kan ’n nare veluitslag veroorsaak. Hou die kleingoed weg!