Wurm met gesplete tong
17
Mei 2020

Lees meer in

'n Ongewone wurm met 'n gesplete tong... lees hier wat dit is.

Van Johan Nagel:

Middag Dave, my 3 en ‘n half jarige kleindogter het die wurm ontdek in hulle tuin, Roodepoort, en hom met water nat gespuit. Die volgende oomblik steek die wurm ‘n rooi gesplete tong uit. Verduidelik asb.

Dave antwoord:

Beste Johan: Wat ‘n mooi natuurles vir die kinders! Die wurm is dié van die lieflike Citrus Swallowtail, en die oranje orgaan is ‘n osmoterium, wat sterk ruik na sitrus en dien as ‘n afskrikmiddel.

Lees meer oor die vlinder hier.

Kyk die video hier:

VRA VIR DAVE

Eienaardige plant toe al die tyd deur Van der Stel opgeteken

‘n Leser het hierdie vraag oor wat sy in die Kamiesberge opgemerk het.

Leser vra: Wat maak die Janfrederik daar?

Die ongewone gedrag is omdat Janfrederikkies nogal territoriaal is…

Leser vra: Wat maak hierdie reuse-saad?

Jy wil sekerlik so een in jou tuin hê!

HERINNERINGE

Dave onthou die Tulbagh-aardbewing

Die nag van die aardbewing het ‘n ander verhaal hom doodluiters op Robertson afgespeel.

Blommetjie gedenk aan my

Dave onthou Ouma Lily, die naeltjies van Robertson en die rite wat moet bly bestaan.

VERKENNINGS

Video: Die hemel is op Spookfontein

’n Naweek op die wynplaas Spookfontein wys mens weer waar die hemel kan wees.

Avokado’s in ’n neutedop: Wat jy in gedagte moet hou

Dis verstommend hoeveel navrae ek ontvang oor probleme met avokado-bome. Hier is ‘n paar riglyne om suksesvol met hierdie boom om te gaan.

Vreemde vlieënde voorwerp? Nee, dis lensiewolke!

Nee, dit is nie ‘n vreemde vlieënde voorwerp nie. Dit is eintlik ‘n baie natuurlike verskynsel, hoewel dit raar is.
afAfrikaans