My vriend Braganza Johnson, uit Saasveld-dae, stuur hierdie boereraat vir molle.
Sy gemmerkat, sindelike dier, piepie in vars molsgate, en, volgens Braganza is dit die einde van sy molprobleme.
Nou het ek gedink dat mens dalk die krummels uit jou kat se toiletbak in vars molsgate kan gooi, en weer toemaak met ’n prop grond.
Laat weet gerus of dit werk.