Loser! Oor die geopolitiek van Donald Trump
9
Nov 2020

Lees meer in

'n Mens moet eers bestek opneem om al Donald Trump se vergrype teen die omgewing te kan meet.

As ekoloog het ek ’n intense belangstelling in die geopolitiek.

Dit gaan my verstand te bowe dat so min mense die verband kan trek tussen politieke besluite en die direkte en indirekte impakte daarvan op die omgewing.

Die sleutel tot hierdie gevolgtrekking het van Hennie Aucamp gekom, toe hy in die vroeë 1980’s ’n kreatiewe letterkunde-slypskool by Columbia Universiteit bygewoon het. Met die verwelkoming het die kursusleier die volgende gesê: “Connections, connections, connections – the more you read, the more connections you can make”. Hoe meer jy lees, hoe meer woorde bekom jy, en woorde is die sleutel tot akkurate en geformuleerde denke.

Hier was Wittgenstein reg toe hy gevra het: “Hoe kan jy dink sonder woorde?” Sonder woorde, wat jou eienaarskap verleen oor konsepte, verval jy in cliché – “Jy weet mos wat ek bedoel?”

“Nee, ek weet nie, sê my presies wat jy bedoel”.

Trump lees nie.

Kom ons maak die troebel tafel van Trump skoon van sy absurde algemene stellings en vergeet van sy openlike vrouehaat, sy morsige behandeling van vlugtelinge op die Meksikaanse grens, sy wantroue van die bewese en gepubliseerde wetenskap, sy vernedering van gestremdes, sy spottery met spraakgebreke, sy verspreiding van vals inligting, (my dank hier aan Elsabé Brits se volledige lys van vergrype), en laastens, sy dwepery met geloof. Hier het ek slegs enkele van sy vergrype aangehaal.

Maar kom ons bepaal nou die aandag by die omgewing.

Sy grootste, en byna eerste gruweldaad, was om Amerika, as een van die aarde se grootste besoedelaars, uit die Parys Klimaatsooreenkoms, te onttrek.

Enkele dae gelede is dit volbring.

Uit die staanspoor was dit duidelik dat hierdie roekelose besluit die oorsprong gehad het in sy verterende haat van Barack Obama. Wat Trump van die wetenskap weet, pas ruim in ‘n vingerhoed, en mens hoef net te kyk na sy vernederende behandeling van Dr Fauci, om te besef dat sy denke in hierdie verband alchemisties is.

Nog ’n Obama-produk was die “Clean Power Plan”, wat Trump, ex cathedra, van die tafel gevee het. Trump digs coal? Ja, inderdaad. Hierna het hy die rotsbreking-faksie in Amerika bykans vrye teuels gegee t.o.v. metaan-afbranding, lekkasie-beheer en regulasies om inspeksie-toerusting.

Asof dít nie genoeg is nie…

Trump het in 2017 die Obama-plan om seevlakstyging in te bou in konstruksiemaatreël, sumier van die tafel gevee.

Nog erger, kort daarna, het hy fossielbrandstof-verkenningsfirmas toestemming verleen om sogenaamde “seismic air gun blasts” te gebruik in onderwater-soektogte. Die wetenskaplike getuienis is oorweldigend dat dit gruwelike skade aan seelewe aanrig.

Hierdie video van 2015:

Steeds was hy nie klaar nie.

In 2018 het hy die ‘Sage grouse”-bewaringsplan gekelder deur boorrege aan oliesoekers toe te staan, in die kern van hierdie gefokusde bewaringsgebiede.

Amerika was nog altyd ’n pionier as dit kom by die vestiging en beskerming van hul “Public Lands”. Die glorie van hul nasionale parke is wêreldwyd bekend en bewonder. Nee, sê Trump, ons moet olie soek in hierdie heilige gebiede, en nog erger, ons kan die staande hout ontgin.

Miskien is dít genoeg om mee te begin, want daar is veel meer vergrype uit die kantoor van hierdie monsteragtige man.

Ek wil afsluit met ’n aanhaling uit my kosbare boek The complete encyclopaedia of insulting behaviour:

Mr Trump, why don’t you stay just a little bit longer, so that we can forget you, exactly the way you are.

Taal

Afrikaans AF Dutch NL English EN French FR Italian IT Portuguese PT Russian RU Spanish ES Xhosa XH Zulu ZU

VRA VIR DAVE

Video: waaroor baklei dié bye?

Twee mannetjie-skrynwerkerbye stamp kop oor territorium

Vreemde kersie by Pearly Beach

‘n Leser vra na ‘n interessante rooi kersievrug, en vra of dit eetbaar is.

Leser vra: Siekte by spinasie?

Overwagte siektes kan by spinasie opduik. Hier is ‘n kortpad na behandeling.

HERINNERINGE

Dave onthou die Tulbagh-aardbewing

Die nag van die aardbewing het ‘n ander verhaal hom doodluiters op Robertson afgespeel.

Blommetjie gedenk aan my

Dave onthou Ouma Lily, die naeltjies van Robertson en die rite wat moet bly bestaan.

VERKENNINGS

Video: Die hemel is op Spookfontein

’n Naweek op die wynplaas Spookfontein wys mens weer waar die hemel kan wees.

Avokado’s in ’n neutedop: Wat jy in gedagte moet hou

Dis verstommend hoeveel navrae ek ontvang oor probleme met avokado-bome. Hier is ‘n paar riglyne om suksesvol met hierdie boom om te gaan.

Vreemde vlieënde voorwerp? Nee, dis lensiewolke!

Nee, dit is nie ‘n vreemde vlieënde voorwerp nie. Dit is eintlik ‘n baie natuurlike verskynsel, hoewel dit raar is.