Leser vra: Wie is hierdie groen meneer?
9
Nov 2020

Lees meer in

Hierdie groen meneer het basies een hol struktuur wat dien as 'n resonansiekamer.

Hannelie van As van Yzerfontein vra:

Hi Dave,

Die mense in die dorp meen die groen meneer maak die geluide wat ons vroegoggend in die fynbos hoor. Ek het gedink dis paddas…

Kan dit ‘n emerald cicada wees?

Hannelie se foto van die groen meneer.

Beste Hannelie:

Hutjiehu, huutjiehee, huutjiehu, blaasoppie, heutjieheu, kareleenderm, katjie- eenderm, katjiepietereenderm!

Hierdie liefklike insek se wetenskaplike naam is Bullacris intermedia en daardie groot lyf is niks anders as ‘n resonansie-kamer, byna soos die hol struktuur van ‘n kitaar.

Klein knoppies op, veral die mannetjie, se agterpote, word teen knobbels op die abdomen geskuur, en só kan hierdie geluid bitter vêr trek.

Lees ‘n interessante vertelling hieroor: Avonture van my kinderjare in Namakwaland

VRA VIR DAVE

Eienaardige plant toe al die tyd deur Van der Stel opgeteken

‘n Leser het hierdie vraag oor wat sy in die Kamiesberge opgemerk het.

Leser vra: Wat maak die Janfrederik daar?

Die ongewone gedrag is omdat Janfrederikkies nogal territoriaal is…

Leser vra: Wat maak hierdie reuse-saad?

Jy wil sekerlik so een in jou tuin hê!

HERINNERINGE

Dave onthou die Tulbagh-aardbewing

Die nag van die aardbewing het ‘n ander verhaal hom doodluiters op Robertson afgespeel.

Blommetjie gedenk aan my

Dave onthou Ouma Lily, die naeltjies van Robertson en die rite wat moet bly bestaan.

VERKENNINGS

Video: Die hemel is op Spookfontein

’n Naweek op die wynplaas Spookfontein wys mens weer waar die hemel kan wees.

Avokado’s in ’n neutedop: Wat jy in gedagte moet hou

Dis verstommend hoeveel navrae ek ontvang oor probleme met avokado-bome. Hier is ‘n paar riglyne om suksesvol met hierdie boom om te gaan.

Vreemde vlieënde voorwerp? Nee, dis lensiewolke!

Nee, dit is nie ‘n vreemde vlieënde voorwerp nie. Dit is eintlik ‘n baie natuurlike verskynsel, hoewel dit raar is.

afAfrikaans