Carine Heydenrych van Robertson vra:
Is dit die gewone tuinspinnekop en is hulle giftig? Foto geneem in Robertson, by my huis. Hy het homself ingenooi.
Dave antwoord:
Beste Carine,
Alhoewel jou foto effe donker is, ek byna seker dis Nilus margaritatus, wat sekerlik uit jou tuin kom. Indien jy ‘n swembad naby die huis het, sal hulle om die swembad voorkom. Hulle is nie gevaarlik nie, maar wel grillerig!