AJ Lubbe-Van Niekerk van Durbanville vra:
Die perskeboom lyk my is vir jare nie gesnoei.
Dit is ons 1ste seisoen met die boom en beslis ‘n ou boom. Ons het gesnoei, maar sommige van die blare het nou rooi knoppe op wat amper lyk soos ‘n “uitslag”.
Wat kan ons doen om die blare weer gesond te kry?

Die foto van die perske-rolblaar.
Dave antwoord:
Hierdie vreemde rooi vlekke is bes moontlik ‘n fungus-infeksie genaamd perske-rolblaar en word veroorsaak deur die fungus Taphrina deformans.
As die vlekke eers verskyn het, is dit onbehandelbaar. Die behandeling hiervoor is voorkomend, gewoonlik met swamdoders. Kyk gerus hier vir interessante bykomende inligting.