Magriet van der Merwe van Galypso Beach, Langebaan, vra:
Ek het die nes in ‘n bos op n leë erf gesien. Dit is ‘n tonnel gemaak van takkies, stokkies. Vars tuinplante kan gesien word by bek van die nes. Kan dit dalk ‘n mangoose nes wees, aangesien hul wel hier gevind word?
Dave antwoord:
Beste Magriet
Ek is oortuig dat dit die neshoop van die Bos-karoorot, Myotomys (Otomys) uniulcatus is. Hierdie koddige uitpeuloog-knaagdiere is volop aan die Weskus, en mens kan hul netjiese paadjies reg deur die Sandveld opmerk.