Alicia Bergman van Port Elizabeth vra:
Ek het boom gesien in voorstad Algoapark. Die saad of vrug is 25 cm lank. Wat is dit?

‘n Foto van die saad wat Alicia ingestuur het.
Dave antwoord:
Alicia, dis die vrug van ons eie geliefde inheemse boom, die Worsboom Kigelia africana. Dis sekerlik een van die mooiste inheemse bome, die blomme en sade is aangrypend mooi.