Leser vra: Wat is hierdie reuse vlieënde gogga?
6
Sep 2020

Lees meer in

Hierdie kalant is 'n vlettervlie en is al deur Boerneef beskryf!

Ronelle Blom van Pretoria-Oos vra:

Die vlieënde gogga het in Februarie laat skemer/vroegaand in ons huis ingevlieg. Groter as my hand as ek my vingers ook sou oop maak. Het die lyf van ‘n perdeby en verskriklike lang antennae. Kan jy moontlik die gogga uitken?

Dave antwoord:

Beste Ronelle,

‘n Vlettervlieg! Ek het hierdie lieflike volksnaam die eerste keer raakgeloop in Boerneef se bundel “Vlettervlie en Koesnaatjie” (1942). Vermoedelik lê die oorsprong in hul manier van fladder om ‘n lig.

Boerneef se Vlettervlie en Koesnaatjie (1942).

Ek het dr. Johan Pretorius genader om meer feite, en hier is sy antwoord:

Dis ‘n langhoring-mierleeu (owlfly). Hierdie is ‘n volwasse een – hul is tot onlangs in hul eie familie (Ascalaphidae) geplaas, maar sien deesdae is hul ‘n subfamilie (Ascalaphinae) van die mierleeus (Myrmeleontidae). Die spesifieke spesie is Tmesibasis lacerata.

‘n Koesnaaitjie, Crassula columnaris, uit die veld buite Robertson

VRA VIR DAVE

Eienaardige plant toe al die tyd deur Van der Stel opgeteken

‘n Leser het hierdie vraag oor wat sy in die Kamiesberge opgemerk het.

Leser vra: Wat maak die Janfrederik daar?

Die ongewone gedrag is omdat Janfrederikkies nogal territoriaal is…

Leser vra: Wat maak hierdie reuse-saad?

Jy wil sekerlik so een in jou tuin hê!

HERINNERINGE

Dave onthou die Tulbagh-aardbewing

Die nag van die aardbewing het ‘n ander verhaal hom doodluiters op Robertson afgespeel.

Blommetjie gedenk aan my

Dave onthou Ouma Lily, die naeltjies van Robertson en die rite wat moet bly bestaan.

VERKENNINGS

Video: Die hemel is op Spookfontein

’n Naweek op die wynplaas Spookfontein wys mens weer waar die hemel kan wees.

Avokado’s in ’n neutedop: Wat jy in gedagte moet hou

Dis verstommend hoeveel navrae ek ontvang oor probleme met avokado-bome. Hier is ‘n paar riglyne om suksesvol met hierdie boom om te gaan.

Vreemde vlieënde voorwerp? Nee, dis lensiewolke!

Nee, dit is nie ‘n vreemde vlieënde voorwerp nie. Dit is eintlik ‘n baie natuurlike verskynsel, hoewel dit raar is.

afAfrikaans