Sandra van Niekerk van die Williston-distrik vra:
Deesdae is hierdie gogga in my huis. Bly al 35 jaar in huis en hierdie jaar is dit die eerste keer wat hul in my huis voorkom.
Wat is dit en hoe raak ek daarvan ontslae.
Dave antwoord:
Beste Sandra,
Jou gogga is die nimf van ‘n kakkerlak, maar dit is uiters moeilik om dit te herlei na die volwassene.
Kanse is goed dat dit die Amerikaanse kakkerlak Periplaneta amerikana is, en dan mag jy dalk probleme optel.
Oor beheer: kakkerlakke is sterk gif-weerstandig, en die beste manier om hulle getalle te beheer is om toe te sien dat daar so min moontlik koskrummels rondlê. Lees ook meer hier.
- My dank aan dr. Johan Pretorius vir sy hulp met uitkenning.