Chris Jonker van Rawsonville vra:
Middag Dave,
Ons “Japenesse Mapel”-boom is tussen 15-20 jr oud.
Dit het altyd pragtig geblaar, begin mos met rooi blare wat geleidelik groen word en dan weer hier na die winter se kant toe begin rooi word.
Verlede jaar het ons gemerk dat dele van die boom nie mooi blare maak nie en dat die gewone proses nie mooi verloop het nie. Nou in die winter merk ons dat die bas begin bars soos op die foto en swamme groei uit die stam uit?
Het jy dalk ‘n antwoord asb. Dave?

Chris se Japanese esdoring.
Dave antwoord:
Beste Chris,
Ek is nie heeltemaal seker wat jou boom makeer nie, maar Japanese esdorings is geneig om bas af te gooi wannner die onderste gedeelte van die stam nie genoegsaam uitdroog nie.
My vermoede is te veel water, siende dat die boom op ‘n grasperk staan.