Berno Burrows van Springbok vra:
Wat is die vlieënde vaandels?
Dave antwoord:
Jou “vaandel” is ’n parasitiese wesp, (Ichneumonidae). Daar is duisende spesies, miskien meer as 25 000 op aarde, en hulle lê hul eiers direk op die gasheer wat ’n mot of skoenlapper-larwe kan wees. Sonder hierdie merkwaardige wespe sou pesspesies handuit geruk het.