Annestha van Daniëskuil vra:
My man het ‘n slang in die veld gesien wat kolle op het soos ‘n luiperd. (2 keer op verskillende plase). Die slang staan regop met n plat nek as hy ongemaklik voel, maar wou eerder net met rus gelaat word.
Ons het bruin huisslange hier, maar dié is beslis nie ‘n huisslang nie. Die slang het ook nie vervel nie.

Anestha se foto.
Dave antwoord:
Beste Annestha, Jou foto is effe onduidelik, maar ek is seker dis een van die vele vorme van die Kaapse Kobra, Naja nivea.
Hulle kom wyd voor in Suid Afrika, en het ‘n verstommende variasie in verkleur. Nietemin is hulle uiters giftig en boonop, agressief.
As jy nie ‘n bedrewe en opgeleide slangvanger is nie, vermy hierdie kalant, maar moenie doodmaak nie, want hulle vervul ‘n belangrike rol in die natuur.

Kaapse kobra Naja nivea