Anita Dreyer van Postberg vra:
Met baie lae ebgety het ek dié lewende skulp aan ‘n klip gekry, versigtig omgedraai en van onder lyk dit toe heel anders. Dit was met nuwemaan in Augustus 2020.
Dave antwoord:
Beste Anita: Ek is nie ‘n marine bioloog nie, so ek is effe onseker oor die presiese spesie van skulp. Duidelik is dit ’n intergetyskulp, dalk uit die genus Scuttellastra, die klipmossels.
Wat wel interessant van hierdie skulpe, is dat hul ’n vaste “slaapplek” het, waarna hulle trek as dit laagwater word.
Hulle voed op seewier, en mens kan duidelik sien waar hul tuintjies kortgewy is.
Die riwwe aan die binnekant is jaarringe, en mens kan hul ouderdom redelik akkuraat bepaal deur die donker ringe te tel.