Carmen Schoeman van Witrivier vra:
Ek het spinasie geplant wat so 20cm hoog is. Ek het so 3 dae terug n wit stof daarop opgemerk.
Wat kan dit wees en hoe behandel ek dit.

Donsige spinasieblaar
Dave antwoord:
Karmen, jou spinasie het donsige skimmel, ‘n probleem wat wêreldwyd voorkom en veroorsaak word deur die swam Peronospora effusa.
Behandeling met ‘n koper-gebasseerfde swamdoder is gewoonlik effektief.
Vir meer inligting klik hier.