Leser vra oor dié bos: Van koffie tot bier is al met hom gemaak!
31
Aug 2020

Lees meer in

'n Leser vra oor die bos van Boshof. Die bessies het 'n interessante gebruik en ook NP van Wyk Louw het al daaroor gedig.

Helene Smit van Boshof in die Vrystaat vra:

Hallo daar. My tannie-hulle het hierdie bos op hul plaas en niemand weet wat dit is nie, dit is ook die enigste van sy soort op die hele plaas. Hy is groot en dra ‘n rooi vruggie. Hulle plaas is ook in die Vrystaat.

Bloubos Diospyros lycioides. Foto: Helene Smit

Dave antwoord:

Beste Helene,

Jou boom is die lieflike Bloubos Diospyros lycioides.

Êrens in my agterkop spook die versie van N.P. van Wyk Louw:

‘skraler as ‘n riet
o, o skraler as ‘n riet
die bloubos het die goue pit
en ek het die verdriet.’

Daar word selfs bier gemaak van die plant en daar is al opgeteken dat die pitte van die bessie gerooster is en as koffie gebruik is.

Vir volledige inligting, gaan kyk gerus hier.

VRA VIR DAVE

Eienaardige plant toe al die tyd deur Van der Stel opgeteken

‘n Leser het hierdie vraag oor wat sy in die Kamiesberge opgemerk het.

Leser vra: Wat maak die Janfrederik daar?

Die ongewone gedrag is omdat Janfrederikkies nogal territoriaal is…

Leser vra: Wat maak hierdie reuse-saad?

Jy wil sekerlik so een in jou tuin hê!

HERINNERINGE

Dave onthou die Tulbagh-aardbewing

Die nag van die aardbewing het ‘n ander verhaal hom doodluiters op Robertson afgespeel.

Blommetjie gedenk aan my

Dave onthou Ouma Lily, die naeltjies van Robertson en die rite wat moet bly bestaan.

VERKENNINGS

Video: Die hemel is op Spookfontein

’n Naweek op die wynplaas Spookfontein wys mens weer waar die hemel kan wees.

Avokado’s in ’n neutedop: Wat jy in gedagte moet hou

Dis verstommend hoeveel navrae ek ontvang oor probleme met avokado-bome. Hier is ‘n paar riglyne om suksesvol met hierdie boom om te gaan.

Vreemde vlieënde voorwerp? Nee, dis lensiewolke!

Nee, dit is nie ‘n vreemde vlieënde voorwerp nie. Dit is eintlik ‘n baie natuurlike verskynsel, hoewel dit raar is.

afAfrikaans