Charmaine Cairncross van Bloudrif vra:
Ons het afgekom op dieremis soos gesien op die foto. Ons het dit probeer uitken maar daar is nie genoeg informasie om te bevestig.
Kan dit ‘n slang soos ‘n luislang wees of ‘n roofdier? Dit is gevind op ons plaas in die Vrystaat. In die Welkom-Theunissen-omgewing.

Charmaine se foto van die string “kuttels”.
Dave antwoord:
Beste Charmaine,
Sjoeka! Jy het my aan die dink.
Met vergroting van die foto sien mens grashalms en plantvesel in die mis, en dit laat my dink dat dit dalk ‘n ystervark is met slegte knypers.
Gewoonlik is hul kuttels (mens mag seker “drolle” sê, siende dat ons ‘n drolpeer het) korter en merkbaar afgeknyp.
Laat weet of julle ystervarke op die werf het.