Liehandrie Stioo van Witrivier, Mpumalanga, vra:
Kan jy asb die mooi blommetjie identifiseer?

Liehandrie se foto van die lieflike skoenlapperplant.
Dave antwoord:
Monopsis decipiens, ‘n aanskoulike lid van die Lobelia-familie en staan bekend as die skoenlapperplant.
Suid-Afrika se lobelias word wêreldwyd as sierplante gekweek, maar ek het hierdie lieflike plant nog nie raakgeloop nie.
Pragtige foto!