Karen van der Merwe van Britstown vra:
Hier by ons op ’n plaas buite Britstown, Noord-Kaap, is massas Rooibekkweleas wat ons bome geweldig verniel.
Duisende van hul takke breek as gevolg van die gewig van voëls, blare word afgetrap en mis lê sentimeters diep, geraas hou snags nooit op!
Hulle het ongeveer begin April arriveer en is nogsteeds hier. Dit is geweldig droog by ons. Verstaan glad nie wat hul eet en veld is kaal! Hier was wel bietjie steekgras van bietjie reën in Feb-Maart, maar die sade is ook al uitgewaai en daar is niks vir hul om te vreet.
Hoe kan ons ontslae raak van die voëls en verhoed dat hul weer terugkom? Dit klink soos ‘n vliegtuig as die voëls soggens vertrek! Die reuk is ook onuithoudbaar. Ond begin al bekommerd raak oor longsiektes as gevolg van vere en mis rondom ons.
Hierdie video wys hoe diep die mis lê en die ander is die voëls wat saans inkom en water drink.
Dave antwoord:
Beste Karen,
Die Rooibekkwelea staan bekend as Afrika se “vlieënde sprinkaan” en nie om dooie neute nie.
Hulle word beskou as die aarde se mees vollop nie-makdier, en die bevolkings kan by 1,5 miljard piek!
Hulle is opportuniste, en sal byna enige wilde saad of oes van ‘n kant opvreet. In die verlede is gif, en ontploffings onder die slaapbome gebruik, maar dit is oneffektief en duidelik nie aanvaarbaar nie.
Hulle broei vinnig, en eiers broei uit na 9-10 dae.
My enigste voorstel is dat mens kan probeer om hulle saans te verwilder met deurlopende geraas, maar ek twyfel of dit die spannetjie sal laat trek.