Anita Dreyer van Welgelegen, Parow, vra:
Dié hu’tjiehu/blaassprinkaan op Langebaan gesien. Die groenes is bekend in daardie omgewing, hoekom sou dié een pienk wees?

Anita se foto van die pienk blaasprinkaan.
Dave antwoord:
Anita: As mens na die literatuur kyk, is pienk blaassprinkane nie onbekend nie. Daar is blykbaar ’n verborge geen wat somtyds na vore kom. Ongelukkig beteken dit dat die diertjies nie lank lewe nie want hulle staan soos seer duime uit.
’n Ander verklaring mag wees dat die sprinkaan ’n swaminfeksie het, wat hierdie kleur veroorsaak. Ek het dit nog nie self gesien nie.