Corlia, Nea en Pieter van Loeriesfontein vra:
Ons boer in die Noord-Kaap, naby Loeriesfontein.
Ons het ‘n ruspe gekry wat algemeen hier voorkom en my 3-jarige dogtertjie is mal oor haar ruspe, “rainbow”.
Vandag kyk ek vinnig of rainbow okei is en sien die alle vreeslike… klomp wurpies kom uit die ruspe se lyf!
Hulle woel uit en begin dadelik koekonne spin! Ons kon ons oë nie glo nie!
Is dit soos hulle voortbestaan, of is dit dalk iets wat die ruspe gebruik as gasheer?
Vrek nuuskierig oor hierdie grillerigheid!
Ps. Die larwes is nou stil in hul koekonne. Ons hou nou dop wat volgende gaan gebeur!
Dave antwoord:
Beste Corlia,
Wat ‘n interessante video!
Ek is seker dat die ruspe die berugte lelie-boorder, Brithys crini is.
Die “wurmpies” en koekonne is van ‘n parasitiese wesp wat hul eiers op die lewende ruspe lê en dan die stomme dier mettertyd opvreet.
Grillerig maar baie slim van die wesp!