Kyk hoe hierdie bidsprinkaan haar eiers lê
20
Sep 2020

Lees meer in

Het jy al gesien hoe bidsprinkane hul eiers vasmessel. Hier is hoe dit lyk. Dave verduidelik meer.

Ernst Baard van Somerset-Wes vra:

Hi Dave, ek het gister vir die eerste keer op ‘n bidsprinkaanwyfie afgekom wat besig was om haar eierpakkie baie sorgvuldig teen my vullisdrom vas te messel. Interessant was die manipulasie van die pakkie met “voelers” uit haar agter lyf? Enige idee wat hier aan gaan?

Ernst se foto van die bidspringkaan.

Dave antwoord:

Beste Ernst,

Die eierpakkie van bidsprinkane staan bekend as ‘n ootheca, wat die eiers beskerm teen die koue van winter, en dan, met lente, sal die nimfe ‘n stof afskei wat die eierpakkie sagmaak en hulle dan laat ontpop.

Die orgaan wat by die wyfie uitsteek is die ovipositor, sowel as twee aanhangsels met die wetenskaplike naam multisegmentescerques, wat beweging kan waarneem.

VRA VIR DAVE

Eienaardige plant toe al die tyd deur Van der Stel opgeteken

‘n Leser het hierdie vraag oor wat sy in die Kamiesberge opgemerk het.

Leser vra: Wat maak die Janfrederik daar?

Die ongewone gedrag is omdat Janfrederikkies nogal territoriaal is…

Leser vra: Wat maak hierdie reuse-saad?

Jy wil sekerlik so een in jou tuin hê!

HERINNERINGE

Dave onthou die Tulbagh-aardbewing

Die nag van die aardbewing het ‘n ander verhaal hom doodluiters op Robertson afgespeel.

Blommetjie gedenk aan my

Dave onthou Ouma Lily, die naeltjies van Robertson en die rite wat moet bly bestaan.

VERKENNINGS

Video: Die hemel is op Spookfontein

’n Naweek op die wynplaas Spookfontein wys mens weer waar die hemel kan wees.

Avokado’s in ’n neutedop: Wat jy in gedagte moet hou

Dis verstommend hoeveel navrae ek ontvang oor probleme met avokado-bome. Hier is ‘n paar riglyne om suksesvol met hierdie boom om te gaan.

Vreemde vlieënde voorwerp? Nee, dis lensiewolke!

Nee, dit is nie ‘n vreemde vlieënde voorwerp nie. Dit is eintlik ‘n baie natuurlike verskynsel, hoewel dit raar is.

afAfrikaans