Wat toe lyk na ‘n vreemde, grillerige wurm, is toe al die tyd ‘n plesierige kalant.
Hanlie Junius van Blouwaterbaai, Port Elizabeth vra:
Op 17 Julie 2020 08:30 het ek gaan stap en op hierdie kreatuurtjie afgekom. Ek sal graag wil weet wat dit is om meer daaroor te kan oplees. Eerste keer wat ek dit sien en nog nooit daarna weer nie. Gesien hier in Blouwaterbaai op die sypaadjie langs ‘n bebosde duin langs die see.
Dave antwoord:
Beste Hanlie, Dit is die larwe van ‘n vuurvliegie, en hul voed op slakke. Indien jy wil liggies in die tuin hê, verduur die slakke!