Chrisjan Olivier van Aliwal-Noord vra:
Ek verneem graag of u moontlik kan help met die identifisering van die aangehegte plant, hulle kom algemeen hier voor en blom slegs gedurende die lente. Plaaslike inwoners sê dit is nie “heide” nie?

Die skilpadbessie.
Dave antwoord:
Beste Chrisjan,
Sekerlik een van ons mooiste plante wat in sanderige grond groei, die sklipadbessie, Muraltia spinosa.
Daar is verstommend baie gebruike van hierdie plant, insluitend vir slaaploosheid, abdominale pyn, tuberkulose, en verkoue en griep.
Ek wil egter waarsku dat mens versigtig moet omgaan met hierdie rate, omdat dit nie klinies beproef is nie. Die vruggies is egter propvol Vitamien C, en kan dus met veiligheid geëet word.