
Bloubessies
Die vyf modaliteite van smaak span oor ’n koepel van waarnemings en van kindsbeen leer ons van die vyf uithoeke – sout, suur, bitter, soet en umami. Een van hierdie modaliteite, sout, kom voor in byna alle resepte. Kokke weet dat die geheim van suksesvolle disse staatmaak op die perfekte spanning tussen hierdie vyf elemente, en veral tussen soet en suur.
Karringmelk-poeding is seker die beste voorbeeld van hierdie kombinasie, en ek dink terug aan my jongdae toe my ma dit in die Bolinder-houtstoof gemaak het, met ’n riggel van rook by die opskep. Die laag bloubessies in my resep is blote toeval, toe ek, op die nipper, dit bygevoeg het. Dis ’n Sondag-poeding, en vra om ’n skuinslê na die ete.

Bestanddele
Bestanddele:
- 50ml botter
- 280g suiker
- 4 eiers
- 240g koekmeel
- 10ml bakpoeier
- Knippie sout
- 500ml karringmelk
- Bloubessies
- Opsioneel – gerasperde suurlemoenskil

Gerasperde suurlemoenskil
Metode:
Verhit oond tot 180C
Room botter en suiker deeglik saam
Voeg vanilje en eiers by (ek hou twee eierwitte eenkant), en klits by
Meel, bakpoeier en sout word ingesif, terwyl die karringmelk trapsgewys bygevoeg word
Smeer ’n oondbak met botter, klop die eierwitte, en vou dit versigtig by die beslag
Strooi ’n laag bloubessies op die bodem van die oondbak, giet nou die beslag daaroor, en bak vir 1 uur.
Bedien warm

Karringmelk-poeding