Marize Barnard van Ashton vra:
Ek het hierdie blommetjie gesien in die veld, vreeslik mooi en ANDERS met baie karaktereienskappe.
Kan jy my help met die identifikasie van die blomsoort?

Die leeubekkie. Foto: Marize Barnard
Dave antwoord:
Marize, een van ons allermooiste leeubekkies Nemesia barbata. Die blou van die onderste spoor (blomme bestaan uit twee lippe en ‘n spoor) is van die mooiste blou in die planteryk, en laat mens dink aan die skilderye van Thomas Gainsborough. Ek is verstom dat ons nie hierdie lieflike blommetjies geredelik in ons tuine aanplant nie.