Die antwoord is ja!
Ja! Ja!
Nog nooit, sedert die Groot Griep van 1918, is die ganse wêreldbevolking só lamgelê deur ‘n soönotiese virus nie.
Suid-Afrika se drakoniese grendeltyd het ons almal omgekrap, maar ons president het na wetenskaplikes geluister, en die regte beperkings ingestel (behalwe nig NDZ se zol en dop-beperkings). In teenstelling met die VSA, wat deur Donald Trump se dawerende onkunde gedryf is na die hoogste sterftesyfer op aarde.
Epidemioloë was dit van die begin eens dat afsondering bloot die verspreiding sou vertraag, en dat slegs ’n effektiewe entstof, wêreldwyd toegepas, die pandemie kon stuit. En nou, die afkondiging van Pfizer en BioNTech dat hul eksperimentele entstof byna volkome beskerming bied teen die virus.
Die ontwerp en vervaardiging van entstowwe kan jare, selfs dekades neem, maar hier het ons ’n pragtige voorbeeld van hoe wetenskaplikes kon saamstaan, saamstaan en die proses met jare verkort het, want, dis belangrik om te onthou dat die wetenskap niks meer is as gesistimatiseerde kennis, wat selfregulerend is nie. In teenstelling met dogma…
Om die proses van entstofvervaardiging maklik te kan assimileer, kyk gerus na die video:
Skielik is daar hoop, skielik is daar verligting – Suid-Afrika, met hul vaste verhouding met die WGO en internasionale mediese gemeenskap sal gou entstof in die hande kan kry, maar ons sal moet aanvaar dat sekere teikengroepe eerste toegang sal hê.
Welgedaan Pfizer! Welgedaan wetenskap!