Leser vra: Help! Hierdie karnallie plunder my tuin!
14
Oct 2020

Lees meer in

Die vink plunder die tuin se palm en hou behoorlik sy verjaarsdagpartytjie soos hy baljaar. Hier is Dave se raad.

Petro van Rensburg van Boksburg vra:

Help asseblief. Ek het ’n palm in die tuin geplant verlede jaar.

In die winter het ek ’n kombers opgesit.

Nou het ek hom oopgemaak en versorg hom goed, want plante is duur!

So waar as vet; vanoggend toe hou ’n spekvet geel vink sy 16de verjaarsdag in die takke!

Besig om te stroop vir sy nessie… en dis juis wat ek nie wou hê nie.

Ek voer en gee vars water in my mooi tuin, maar… WAT GAAN EK DOEN? Want dié palm is ’n fokus punt by die voorhekkie. Ek het ’n kettie! 🙄

Dave antwoord:

Petro,

‘n Vinkmannetjie, vol testosteroon, sal beswaarlik jou palm uitlos, kettie of te nie.

Ek stel voor dat jy kry ‘n dekoratiewe grasplant, om sodoende die kêrels weg te lei van jou palm.

  • Die oorspronklike foto by hierdie plasing was nie die van ‘n vink nie en is slegs ter illustrasie gebruik. Die foto is nou opgedateer.

Taal

Afrikaans AF Dutch NL English EN French FR Italian IT Portuguese PT Russian RU Spanish ES Xhosa XH Zulu ZU

VRA VIR DAVE

Video: waaroor baklei dié bye?

Twee mannetjie-skrynwerkerbye stamp kop oor territorium

Vreemde kersie by Pearly Beach

‘n Leser vra na ‘n interessante rooi kersievrug, en vra of dit eetbaar is.

Leser vra: Siekte by spinasie?

Overwagte siektes kan by spinasie opduik. Hier is ‘n kortpad na behandeling.

HERINNERINGE

Dave onthou die Tulbagh-aardbewing

Die nag van die aardbewing het ‘n ander verhaal hom doodluiters op Robertson afgespeel.

Blommetjie gedenk aan my

Dave onthou Ouma Lily, die naeltjies van Robertson en die rite wat moet bly bestaan.

VERKENNINGS

Video: Die hemel is op Spookfontein

’n Naweek op die wynplaas Spookfontein wys mens weer waar die hemel kan wees.

Avokado’s in ’n neutedop: Wat jy in gedagte moet hou

Dis verstommend hoeveel navrae ek ontvang oor probleme met avokado-bome. Hier is ‘n paar riglyne om suksesvol met hierdie boom om te gaan.

Vreemde vlieënde voorwerp? Nee, dis lensiewolke!

Nee, dit is nie ‘n vreemde vlieënde voorwerp nie. Dit is eintlik ‘n baie natuurlike verskynsel, hoewel dit raar is.