Karen Pretorius vra:
My man het ‘n swerm bye uit ‘n dak verwyder. Tot ons verbasing was die heuning groen. Wat kan dit veroorsaak?

Karen wys die groen heuning uit die korwe.

Mens kan sien die heuning is groen.
Dave antwoord:
Ek moet rondborstig erken dat ek in my ganse lewe nog nooit groen heuning gesien het nie.
Na ‘n deeglike soektog het ek gevind dat hierdie verskynsel al elders opgemerk is, en die bronne van nektar wat aangegee word is kiwibloeisels, sekere distels, voerkrale waar bye voed en selfs lekkers (M&M’s).
Kom enige van hierdie bronne naby die huis voor?