Danie Erasmus van Fairland, Johannesburg, vra:
Ken jy dalk hierdie gogga? Ek kry hom vanmôre op die mat voor my bed. Hy is ongeveer 3 cm lank en lyk nogal gevaarlik!
Dave antwoord:
Danie,
Dis ‘n molkriek, en vreemd genoeg, hulle kan nie spring soos gewone krieke nie, maar vlieg wel sterk en is aangetrokke tot lig.
In grasperke maak hulle vreemde geluide wat mens bitter moeilik kan plaas. Hulle kan pesstatus bereik, veral wanneer hulle jou patats en aarbeie beetkry.